UNISA BESLUIT ONGRONDWETLIK SE HOFKIMBERLEY STELSTUDENTE GERUS

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se besluit om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) onder administrasie te plaas, ongrondwetlik verklaar. Die departement van hoër onderwys het vroeër gesê hy is bewus van pogings om die nuutaangestelde administrateur van Unisa te verhoed om sy pligte uit te voer. Professor Ihron Rensburg is verlede week as die instelling se administrateur aangestel .Dit het gevolg op Nzimande se besluit om die universiteit onder administrasie te plaas ná verslae van ’n onafhanklike assessor wat korrupsie en wanadministrasie by die instelling bevind het. Die universiteit van Suid Afrika se Kimberley kantoor het by navraag beloof om komentaar te lewer en het studente gerus gestel en gesê die proses wat homself tans uitspeel is op bestuurs vlak en gaan nie studente afekteer nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media