Die kantoor van die Openbare Beskermer sê die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, en die Tshwane-metro moet binne sestig dae stappe doen om die watergehalte in Hammanskraal buite Pretoria reg te stel. Die aanbeveling is vervat in die OB se verslag oor die waterkwessie in Hammanskraal waar meer as dertig mense vroeër vanjaar dood is weens cholera. Die verslag is gister bekendgemaak. Tshwane se metrobestuurder moet ook binne sestig dae ‘n implementeringsplan saamstel vir die opknapping van die Rooiwal-watersuiweringsaanleg. Gauteng se departement van Samewerkende Regering het op sy beurt opdrag gekry om toe te sien dat die 450-miljoen rand wat die Metro vir die Rooiwal-projek begroot het, aangewend word om die projekte voltooi. In die ZF Mgcawu streek het die departement van gesondheid saam met verskeie ander belanghebendes bewusmaking rondom water veiligheid vroeer van stapel gestuur en inwoners gevra om seker te maak dat drinkwater veilig is voordat dit gedrink word en in die geval waar iemand probleme ervaar onmidelik mediese hulp te soek. Die Dawid Kruiper munisipaleteit het verlede week opnuut bevestig dat die drinkwater gehalte vir menslike gebruik geskik is.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za