Beurtkrag duur vandag in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied voort terwyl Eskom gister miljoene rande in verliese geraporteer het. Die entiteit het weer miljoene aan verliese vir die komende boekjaar voorspel met 203 dae van beurtkrag wat reeds sedert die begin van die jaar in die land ervaar is. Die Dawid Kruiper munisipaleteit sê Fase 2 en 3 duur in blokke 1 en nege voort. In blok 1 was beurtkrag middernag tot twee dertig vanoggend en weer van vier uur vanmiddag tot ses dertig vanaand met Blok 9 van middernag gister tot twee dertig en weer van agt uur vanoggend tot tien dertig, asook vier uur vanmiddag tot ses dertig. Die munisipaleteit sê alle kragpunte moet ten alle tye as kragdraend beskou word terwyl mense aangemoedig word om seker te maak dat alle toestelle soos stowe en elktriese herlaaiers asook strykysters van kragpunte verwyder is voordat hulle huise verlaat.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za