Die Kumba Iron Ore Kolomela myn in die Tsantsabane regsgebied sê, hulle maatskaplike sosiale en arbeids plan kom in 2024 ten einde. Kumba sê hulle poog met die plan om ondersteuning aan die myn gemeenskappe te verleen om 'n lewensveranderde opset daar te stel. Jeug en nie winsgewende organisasies het die 27 ste September vanjaar by Postmasburg byeengekom om van die uitdagings ter tafel te le en te kyk na werkbare oplossings om armoede te verlig honger asook die misbruik van alkohol en dwelms in die regsgebied aan te spreek. Bestuurder korporatiewe sake en maatskaplike vordering by die Kolomela myn Mavis Kolberg sê hulle kyk nou na projekte wat die afhanklilheid van die myn sal verlig asook langtermyn oplossings vir die uitdagings van die gemeenskap daar te stel. 'N studie wys dat 45 duisend werke in die mynbedryf in die gemeenskap verskaf word wat die afhanklikheid van die myn drasties laat toeneem.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za