Bedrog verdagtes gevonnis

Die 51 jarige Eric Basson voormalige verkeersbeampte by die verkeersafdeling in Keimoes in die kai Garib municipale area en 'n 43 jarige pakistanse burger Tahir Ali wie sedert April 2016 in die landroshof op aanklagte van bedrog verskyn het, is Maandag gevonnis. Die klagtes van bedrog spruit vanuit 'n voorval waarin Ali vir 'n verkeerstoets moes gaan wat hy nooit bygewoon het nie en 'n lisensie later aan hom toegeken was. Die Valke sê ernstige georganiseerde misdaadvoorkomings eenheid het die insident onderskep en die verdagtes inhegtenis geneem. Ali is 'n boete van 5 duisend rand of 3 jaar gevangenis straf opgelê wat vir 'n periode van 5 jaar opgeskort is terwyl Basson se vonnis vir 5 jaar opgeskort is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media