Seda aan die kus

Nie Regerings Organisasies en Klein en Medium sakeondernemings asook diegene wie hulle eie besigheid wil begin gaan vandag volgens die Richtersveld munisipaleteit die geleentheid kry om die drop in sentrum van SEDA by Port Nolloth te besoek waar hulle die geleentheid gaan he om oor die sakewereld ingelug te word. Seda, 'n agentskap wat ondersteuning aan klein en meduim sakeondernemings deur middel van advies en befondsing bied besoek die noordkaapse kusdorp van tien uur vanoggend. Die Richtersveld munisipaleteit sê, met die grootskaalse infrastruktuur ontwikkeling wat na die omgewing kom skep die korekte geleentheid vir die jeug wat insluit eienaars van klein en meduim sakeondernemings om hulle self rigting belyn te kry om by die verandering te pas en daarby te baat.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media