Die 50/50 vooraf krag verkoop stelsel tree vandag inwerking in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied. Die hoof van finansies Ruaan Strauss het die proses tydens 'n onderhoud verduidelik en aangevoer dat inwoners wie se skuld meer as dertig dae agterstallig is vir 50 persent van die koopbedrag elektrisiteit gaan kry terwyl die ander 50 persent outomaties op die agterstallige rekening af sal gaan. Hy sê die plan gaan verseker dat geen inwoner se elektrisiteit voorts meer geblok gaan word nie asook dat die dienste skuld van die munisipaleteit wel betaal word. Hy sê, kragdiefstal het daartoe gelei dat 163 persone inhegtenis geneem is sedert die begin van die jaar en dat die munisipaleteit reeds planne geimplimenteer het om diegene wie met kragbokse peuter en krag steel op te spoor te vervolg en seker te maak dat die wet sy gang gaan. Strauss se kragdiefstal is n kriminele oortreding wat daareenvolgens hanteer gaan word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za