renosterberg pensieoene wek kommer

Die Demokratiese Alliansie (DA) het vandag strafregtelike klagtes teen die Renosterberg-munisipaliteit ingedien vir die versuim om pensioenfondsbydraes van munisipale werknemers oor te betaal. Die DA sê hulle weet dat talle werknemers ernstig benadeel is deur die munisipaliteit se oortreding van artikel 13A van die Pensioenfondswet. Die party sê, die presiese aantal is egter onduidelik weens die munisipaliteit se eie gebrek aan deursigtigheid en swak administrasie. Volgens die DA, dateer agterstallige bydraes glo so ver terug as Oktober 2017. Volgens inligting wat in Junie vanjaar aan die wetgewer voorgelê is, word die Consolidated Retirement Fund (CRF) R9,836 miljoen deur Renosterberg geskuld terwyl die Municipal Workers’ Retirement Fund (MWRF) meer as R12,263 miljoen geskuld word. Die DA sê, pensioenmisdade is 'n aanslag op die toekoms en waardigheid van munisipale werknemers, wat jare aan die diens van hul werkgewer gewy het. Die DA sê hy sal die Renosterberg-saak fyn dophou en volg ook die saak teen voormalige municipale bestuurder van Kai !Garib, Johnny Mackay, wat na bewering ook versuim het om te verseker dat bydraes wat van munisipale werknemers afgetrek is, aan die CRF betaal is. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media