Ouers verbonde aan Onder Gariep Primêre skool het hulle misnoë uitgespreek oor skole vervoer uitdagings wat leerlinge ervaar wat vir die afgelope vyf jaar duur. Nomthandazo Phiri, 'n ouer van die skool sê dat hulle aangeklop het by die onderwys department in die distrik om die probleem uit die weg te ruim, omdat die probleem nog meer uitdagings meebring , soos die vroeë skool verlating wie menigte van hierdie leerlinge as uitweg kies. Volgens Phiri, het die akademiese jaar begin met 54 leerlinge wie gebruik gemaak het van die vervoer, en huidglik is daar minder as 20 leerlinge wie steeds skool gaan. Sy sê dat die uitdagings met die vervoer die oorsaak is van die horde leerlinge wat nie meer skool bywoon nie. Phiri brui uit.......Insetsel- SkoolDie Noord Kaapse department van onderwys het in reaksie hierop gesê dat die departemen die klagte ontvang het wat verband hou met onveilige en onbetroubare vervoer dienste van leerlinge, wat 'n groot impak het op waardevolle leer en onderrig tyd wat verlore gaan. Volgens die departement was daar onmiddelike ingryping en 'n nuwe diensverskaffer was aangestel vir die roete aan die begin van vandeesmaand. Die department sê sovêr die saak hulle betref is dit opgelos.