Beurtkrag duur vandag in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied tussen Fase 3 en 2 voort ondanks die aankondiging deur die minister van elektrisiteit Kgosientso Ramakgopa dat die nasionale netwerk bestendig is en hy tevrede is met die vordering wat gemaak is om geskeduleerde diens by verskeie substasies af te handel. Die woordvoerder vir die Dawid Kruiper Munisipaleteit Patric Williams sê Blok 1 wat 'n groot gedeelte van die sentrale sakekern insluit het sedert middernag tot twee dertig vanoggend en sal weer van ses uur vanaand tot agt dertig beurtkrag op Fase 3 ervaar terwyl Blok 9 wat die woonbuurt gedeeltes van die regsgebied beslaan van twee uur vanoggend tot vier dertig op Fase 3 ervaar het en weer van tien uur tot 12 dertig op Fase 2 dan weer van ses uur vanaand tot agt dertig op Fase 3 beurtkrag sal ervaar. Hy se alle kragpunte moet gedurende die tyd as kragdraend beskou word en het inwoners en sakelei gevra om alle nie noodsaaklikhede van die netwerk te verwyder om druk op die stelsel te verlig.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za