Terwyl die meeste noordkaapse dorpe donker weens wanbetaling van skuld aan Eskom deur munisipaleteite in die gesig staar meen die noordkaapse premier dokter Zamani Saul dat die ANC steeds as die oorwinaar tydens die verwagte nasionale en provinsiale verkiesing vanuit die stryd gaan tree. Munisipale skuld aan die kragverskaffer Eskom beloop reeds minstens 4 biljoen rand invergeleke met 2 koma 8 biljoen rand slegs 4 maande gelede. Saul sê die party se lot sal afhang van die 5 miljoen kiesers wat verkies het om tydens die plaaslike regerings verkiesing by die huis te bly as om eerder vir die oposisie te stem. Hy sê die voorspelling wat hy maak is gerig op die jongste meningspeiling deur die groep Brenthurts Foundation en Sabi strategiese groep wie beide voorspel dat die ANC 41 persent van die nasionale stemme op homself sal verenig en minstens 40 persent en laer in die mees bevolkte provinsies soos Gauteng en Kwa-Zulu-Natal gaan daal. Hy sê die bepalings het tekort kominge aangesien dit slegs 'n instrument is en nie 'n beginsel nie. Die premier hou vol dat die ANC sê ondersteuners nie aangetrokke is tot die oposisie nie en dat oposisie partye geen groei toon asook dat die oposisie partye in die land in totale wanorde verkeer. Hy het ook na die samesprekings oor koalisies gekap en gesê die ANC se volstrekte meerderheid in 2024 lyk omkeerbaar terwyl die samesprekings oor koalisies deur die oposisie 'n blote fantasie was.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za