Die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens sê brandgevaar toestande wat deur sterk wind vererger word kan vandag voorkom in groot delle van die Noordkaap provinsie waar duisende hektaar weiding en grootskaalse infrastruktuur skade reeds weens veldbrande geraporteer is. Lehlonolo Thobela van die weerdiens sê wydverspreide reen kan ook voorkom terwyl die koue toestande oor die noordoostelike dele van die land nog vandag Suid Afrikaners se voorland gaan wees. In die Namakwa streek het die streeksmunisipaleteit inwoners gemaan om uiters versigtig te wees met die maak van oop vure omdat winderige toestande nadelige gevolge vir inwoners veral die boerdery gemeenskappe kan inhou.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za