Griekwastad shanela twee inhegtenis

Die Griekwastad polisie het die afgelope naweek aan operasie Shanela deelgeneem en tydens 'n padblokkade twee mans 30 en 32 onderskeidelik inhegtenis geneem vir die besit van dagga met 'n geraamde straatwaarde van nagenoeg 40 duisend rand, messe insluitend die oortreding van die padverkeerswet. Majoor generaal Nomana Mtukushe van die Pixley Ka Seme streek sê die polisie sal nie skroom met optrede teen misdadige elemente nie en het die lede geloof vir die bekamping van misdaad. Mtukushe se die hand van wetstoepasing moet versterk word deur 'n goeie verhouding en vertroue aan die kant van die gemeenskap. Sersant Molefi Shemane verduidelik. ( insert )

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media