Die Dawid Kruiper Munisipaleteit het inwoners gemaan om genoegsaam eleltrisiteit aan te koop omdat die voorafbetaalde sisteem vanaand van sewe uur nie funksioneel gaan wees nie. Die municipaliteit se die sisteen sal eers Dinsdag weens opgradering weer indiens geneem word. Die woordvoerder Patrick Williams sê die publiek is vroeer van die proses inkennis gestel en dat die opgradering noodsaaklik is. Hy sê, die opgradering volg na amptenare besoek afgele het by huise en inspeksie van voorafbetaalde elektrisiteits meters regoor die regsgebied van stapel gestuur het. Williams sê, geen elektrisiteit sal vir die tydsduur aangekoop kan word nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za