DA SE OOR OUDITS

Die departementele ouditverslae vir die 2022/23 boekjaar wat vandag deur die ouditeurgeneraal vrygestel is, beklemtoon dat inwoners steeds die spit vir swak beplanning en wanbestuur deur die Noord-Kaapse provinsiale regering moet afbyt. Volgens die audit verslag, slag administratiewe departemente soos die premierskantoor en die provinsiale tesourie daarin om skoon oudits te kry. Die Demokratiese Alliansie in reacksie oor die verslag sê, finansiële wanbestuur en swak beplanning by groot diensleweringsdepartemente soos gesondheid, onderwys en landbou ontneem inwoners steeds van belangrike dienste. Die DA sê die gebrek aan verbetering in ouditverslae word weerspieël in die voortslepende diensleweringsprobleme wat die provinsie ervaar en wat van struikelblokke in leerlingvervoer tot tekortkominge in rampbestuur strek. Die DA sê, ernstige gesprekke met die departemente moet gevoer wort wanneer hul die jaarverslae kom voorlê. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media