’n koue en nat naweek word in groot dele van die land verwag. Dit is volgens die Suid Afrikaanse Nationale Weerdiens wat sê, sneeuval word in sommige provinsies voorspel, met die hoë temperature wat vanaf Vrydag drasties sal daal en koue toestande tot gevolg sal hê. Die Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap kan vanaf vandag ‘n daling in temperature verwag as gevolg van koue lug wat van ver suid getrek word, wat daartoe lei dat ‘n kouefront na die ooste van die land beweeg. Die weerdiens sê, dit sal lei tot reënbuie langs die Suidkus van Kaap Agulhas tot Durban. Die weerdiens sê, hy verwag more reën vir die grootste deel van die land. Daar sal ‘n 30% waarskynlikheid van geïsoleerde binnelandse donderstorms wees.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za