Die Dawid Kruiper Munisipaleteit het vroeer drie nuwe dienslewerings voertuie by sy vloot in ontvangs geneem wat volgens die burgermeester Micheal Segede daarop gemik is om basiese dienslewering aan die inwoners binne die regsgebied te verbeter. Segede sê nog voertuie word in die volgende dae verwag wat volgens hom die munisipaleteit in 'n beter posisie sal stel om ten minste hulle grondwetlike plig aan die inwoners te kan vervolmaak. Twee vuilis verwyderings trokke en 'n bakkie is vroeg vanoggend deur die burgermeester in ontvangs geneem. Segede sê die munisipaleteit het ook terselfde tyd by Raaswater 'n behuisings elektrifiserings projek van stapel gestuur wat tien talle huise van elektrisiteit sal voorsien. Hy sê Dawid Kruiper poog daarna om dienslewering op staandaard te hou en het die gemeenskap se samewerking gevra ter beskerming van noodsaaklike infrastruktuur.INSERT (SEGEDE)
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za