Die ZF Mgcawu Distrik munisipaliteit het hul ondersteuning toegesê aan die matriek klas van 2023

Die ZF Mgcawu Distrik munisipaliteit het hul ondersteuning toegesê aan die matriek klas van 2023. Die munisipaliteit sê in 'n verklaring dat hierdie 'n uitdagende tydperk is vir opvoeders, ouers, grootouers, voogde en ander familielede aangesien hulle 'n belangrike ondersteuningstruktuur vorm. Die entiteit doen 'n beroep op ouers om nie onnodige druk op leerlinge uit te oefen nie, maar dat ouers hulle onvoorwaardelike ondersteuning moet bied wat sal help om hul lewens ten goede te verander. Die munisipaliteit vra dat ouers verdraagsaam sal wees met leerlinge en 'n gunstige omgewing tuis skep  om onder ontspanne en stil omstandighede te studeer. In die verklaring sê die munisipaliteit dat hierdie eksamens is twaalf jaar in wording en verteenwoordig die hoogtepunt van elkeen se reis individueel as leerder en is dit juis van  belang dat leerlinge hard leer en na die beste van hul vermoë voorberei vir die taak wat voor lê sodat leerlinge toegerus kan wees om die geleenthede wat oor hul paaie sal kom, te benut. Stanley Peterson, speaker van die distrik munisipaliteit se die volgende..Insetsel ZFM 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media