Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die Noordkaap sê operasie Skop Stof is in die provinsie van stapel gestuur. Die operasie fokus volgens die polisie op die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur. Die polisie sê, verskeie rolspellers het aan die operasie deelgeneem by ondermeer Postmasburg en Danielskuil asook Lime Acres, waar boetes ter waarde van 1duisend 600 rand uitgereik was. 1honderd en 1voertuie is tydens 'n padblokades deursoek waar die oortreding van die padverkeerswet vir 10duisend 450rand se boetes gesorg het. Sersant Molefi Shemane sê 4 ongedokumenteerde buitelanders is ook inhegtenis geneem deur die departement van binnelandse sake wat saam met Eskom, transnet asook die Sedibeng en Glosam myne aan die operasie deelgeneem het. Operasie Skop Stof word in die ZF Mgcawu streek as teen misdaad voorkoming van stapel gestuur.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za