Die Suid Afrikanse Polisie Diens sê, twee verdagtes verskyn vandag in die Prieska laandroshof, nadat hulle inhegtenis geneem is, vir hulle beweerde betrokkenheid by 'n inbraak by 'n plaaslike sakeperseel waar verskeie items gesteel is. Polisie woortvoerder sersant Timothy Sam sê, die verdagtes is by verskeie plekke tussen Sondag 22 October en Woensdag, 25 October 2023 inhegtenis geneem. Sam sê, beslag is gelê op 'n skootrekenaar en verskeie ander elektriese toestelle ter waarde van 10duisend rand. Die verdagtes is tusen 26 en 28 jaar oud.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za