Suid-Afrikaanse boere sal na verwagting 6% meer mielies in die 2022/2023-seisoen stroop vergeleke met die vorige seisoen, het die regering se Oesskattingskomitee (CEC) Donderdag gesê.
Die CEC se jongste someroesvoorspelling skat die 2023-oes op 16,40 miljoen ton, teenoor die 15,47 miljoen ton wat verlede seisoen geoes is. Die jongste skatting is onveranderd van die vorige een wat op 27 September gepubliseer is.
Die oes sal na verwagting bestaan uit 8,5 miljoen ton wit mielies, wat vir menslike gebruik gebruik word, en 7,9 miljoen ton geel mielies, wat hoofsaaklik in veevoer gebruik word. Boere in die Noordkaap wat mielies produseer sê hulle kopseer bly steeds die wegholveldbrande waarvan die oorsake steeds ondersoek word. Duisende hektaar weiding asook produksie en infrastruktuur insluitend die verlies aan vee is reeds in die provinsie verlore.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za