Verskeie Aanhangerparke sal regoor die
provinsie in Springbok, Upington, De Aar
en Kuruman geaktiveer word ter ondersteuning van die Springbokke wat gereed is
om die All Blacks in die eindstryd van die Rugbywêreld aan te pak. Premier van
die Noord-Kaap, Zamani Saul, namens die
Provinsiale Regering van die Noord-Kaap, nooi lede van die publiek na die Rugby
Wêreldbeker-eindstryd-aanhangerparke. Bronwyn Thomas - Abrahams vir die kantoor van die premier sê in die gees
van eenheid en om ondersteuning en liefde vir die sport en die Bokke te toon,
sal die Aanhangerparke gestig word om te verseker dat elke Suid-Afrikaner in
hierdie ervaring kan deel. Premier Saul moedig ook alle Noord-Kapenaars aan om
hul ondersteuning te wys deur hul Springbok-rugby truie op Vrydag, 27 Oktober
2023 te dra. In Upington kan inwoners die wedstryd by die groot skerm by die Dawid Kruiper Municipaliteit grasperk gaan kyk.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com