Verskeie belanghebbendes en deelnemers
binne die sakesektor sal vandag saamtrek vir die doel van die provinsiale finansieringskompetisie
wat deur Seda in vennootskap met ekosisteemvennote aangebied word. Die
inisiatief word regdeur die land uitgerol, as opbou tot die nasionale en laaste
been van die kompetisie wat in November 2023 van stapel gestuur sal word. Die
aktiwiteite van die dag het om 9 uur begin en kom vanmiddag om 4 uur ten einde. Seda sê die befondsingskompetisie is inisieer om 'n platform te skep om uitdagings van
toegang tot finansiering deur kleinsakeondernemings aan te spreek, wat Seda
dwing om in te gryp om die gaping te vernou en om transaksies tussen
entrepreneurs en beleggers te fasiliteer.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com