Die kantoor van die Gamagara munisipale bestuurder sê hy het met kommer kennisgeneem van 'n persoon wat homself in die Olifantshoek omgewing voordoen as 'n amptenaar van die munisipaleteit. Die munisipaleteit doen dus 'n beroep op die inwoners om paraat te wees na die persoon volgens inligting huis tot huis beweeg het met bewerings dat hy van die munisipaleteit is, en mense help met hulle munisipale skuld. Bewerings bestaan dat inwoners 4 duisend rand gevra is, inruil vir die hulp met die munisipaleteit wat ten sterkste ontken dat hulle enige amptenaar of amptenare uitgestuur het. Inwoners is aangeraai om onmiddelik waneer genader word die owerhede te skakel.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za