Die streekshof in De Aar het die 24 jarige Andile Qwathi tot 18 jaar efektiewe gevangenisstraf gevonnis, op drie aanklagte van huisbraak met die doel om te steel asook diefstal. Die Nasionale Vervolgings Gesag se woordvoerder Mojalefa Senokoatsane sê die verdagte het by 'n dagsorg sentrum in die Nonzwakazi woongebied, ingebreek en verskeie items ter waarde van 6 duisend rand gesteel, wat hy na bewering vir slegs 100 rand verkoop het. Senokoatsane sê, in nog 'n soortgelyke voorval is 7 duisend rand se goed gesteel wat na bewering vir 150 rand verkoop is. Senokoatsane sê, die hof het die verdagte 6 jaar vir elk van die oortredings gevonnis wat gelyktydig uitgedien gaan word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za