Die Noord-Kaapse departement van onderwys se Vroeë Kinderontwikkeling Eenheid het vroeër vandag die Provinsiale Wiskunde Olimpiade-toekenningseremonie by die Desert Palace Casino in Upington aangebied. Hierdie Wiskunde Olimpiade is spesifiek gefokus op graad 3-leerders met 'n totaal van 56 leerders van regoor die provinsie wat wie deurgedring het na die provinsiale uitdunne. Die doel van hierdie program is om gesyferdheid in die grondslagfase te versterk en om die liefde vir wiskunde as skoolvak te help kweek. Die provinsiale wiskunde-olimpiade-inisiatief het in 2022 'n aanvang geneem wat die liefde vir Wiskunde vanaf die grondslagfase vlak wil bewerkstellig. Die departement sê dat die provinsie voornemens het om voortdurend in kontak te wees met leerders en ondersteuning te bied tot Verdere Onderwys - en Opleidingsfase. Die departement las dat 2023 tot ’n jaar vir wiskunde verklaar is, wat ook klem lê op die totaal van 2061 leerders wat deel was van die eerste rondte en uiteindelik met die 56 leerders afgesluit is. Aanlynregistrasies is slegs oop vir graad 3-leerders, in die eerste kwartaal elke jaar.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com