Ronald Isaacs, voorsitter van die United Rugby klub, een van die oudste rugby klubs in Upington het nog een maal sy insae gelewer rondom die laaste kragmeting, wat ook volgens Isaacs die mees senutergende wedstryd sal wees ter afsluiting van die 2023 Rugby wêreldbeker toernooi. Isaacs is van die opinie dat die Springbokke in die afgelope twee wedstryde getoon het dat hulle kan wen wanneer dit nodig is. Hy meen dat die vyandskap tussen die twee spanne die dryfkrag sal wees tydens die wedstryd, maar dat die All Blacks momentum bou juis omdat hulle tot dusvêr hulle wedstryde met oorwinning afgesluit het. Isaacs is optimisies dat die Springbokke die wedstryd sal wen. Isaacs sê meer...Insetsel - RWC
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com