Geslagsgebaseerde geweld was die hoogtepunt van n interaksie tussen die suid afrikaanse polisie in galeshewe buite kimberley en die gemeenskap tydens 'n bewusmakings veldtog by die Keitumetsi Taverne in die gemeenskap. Die program is bygewoon deur die Noordkaapse drankraad asook Nasionale Vervolgings Gesag en die Galeshewe drankraad asook 'n plaaslike raadslid by die Sol Plaatje munisipaleteit. Die polisie se sersant Timothy Sam sê in 'n verklaring dat soortgelyke interaksies met verskeie gemeenskappe gehou gaan word om bewusmaking te bevorder.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za