veldbrand taakspan vra demokratiese aliansie

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord Kaap doen 'n beroep op die Premier, Dr Zamani Saul, om dringend 'n multisektorale veldbrandtaakspan te stig om die oorsake van onlangse veldbrande in Danielskuil, Kuruman en Postmasburg te ontleed. Die DA sê die taakspan moet ook kyk na brandbestrydingsreaksietye en sorg wat deur die regering aan geaffekteerde boere verskaf word. Die party se versoek kom na 'n vergadering met boere in die Danielskuil-omgewing wat verliese gely het weens brande, asook 'n oorsigbesoek aan 'n plaas in die Kuruman-omgewing wat onlangs groot skade gely het.Die DA sê, hy het vier ernstige sake uitgewys wat onmiddellike aandag van die regering verg om lewens, plase, lewensbestaan en voedselsekerheid te beskerm. In 'n amptelike verklaring se die party, hy beywer hom al lank vir 'n beter benadering tot rampvoorkoming en rampbestuur in die Noord-Kaap en hoewel aspekte hiervan oor die jare verbeter het, is dar volgens die party nog 'n lang pad om te stap. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media