Die Kakamas Vine Academy en Model Farm het op 13 Oktober sy heel
eerste opedag gehou, waar 150 leerders en 20 onderwysers van hoërskole
uit Kakamas, Keimoes, Upington en Onseepkans, die dag bygewoon het. Industrie-vennote
en borge was ook deel van die dag en het hulle stalletjies opgeslaan en
produkte uitgestal. Die akademie is ontwikkel uit 'n vennootskap tussen
die Noord-Kaapse Provinsiale Regering en Raisins SA met die doel om spesifieke akademiese en vaardigheidsuitdagings binne die
wingerdbedryf in Suid-Afrika aan te spreek. Die
akademie en Model plaas fokus op leerders en omliggende gemeenskappe om hulle
direk te bevoordeel as 'n katalisator vir volhoubare groei en ekonomiese
ontwikkeling binne die landbousektor. Die modelplaas bied aan studente die
geleentheid om akademiese en praktiese vaardighede in die wingerdbedryf op te
doen ter voorbereiding van werksgeleenthede in die bedryf. Die
akademiese waardeketting bied 'n geleentheid vir tersiêre kwalifikasies aan
studente wat nie sekondêre onderwyskwalifikasies het nie.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com