Vissersgemaanskappe in Port Nolloth en regdeur die Namakwa maak reg om saam met die land se vissergemeenskappe aansoeke vir viskwotas in te die. Die Departement van Bosbou, Vissery en die Omgewing het ‘n aanlynstelsel bekend gestel vir hengelpermitte vir die publiek. Dis sal die publiek in staat stel om maklik toegang te kry tot hengelpermitte vir rekreasiedoeleindes. Die woordvoerder van die Departement, Peter Mbelengwa, sê hulle het die stelsel ontwikkel omdat die Departement toenemend gesukkel het om die permitte via die Poskantoor uit te reik. Hy sê die publiek kan dadelik begin om die aanlynstelsel te gebruik vir maandelikse en jaarlikse permitte.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za