magareng om ineenstorting te vermy

Die Demokratiese Alliansie (DA) eis dat Magareng-munisipaliteit stappe moet neem om 'n verdere ineenstorting in dienslewering weens bankrotskap, te voorkom. Daar is berigte dat die afgelope jaar salarisse meer as een keer laat betaal is. Die DA sê wykskomitees het ook hul toelaes vir September laat ontvang. Terwyl statutêre betalings op 'n kwartaallikse basis gemaak word, word mediesefonds- en pensioenfondse tans tot Julie 2023 betaal met werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) nog uitstaande. Die finansiële toestand affekteer die terugbetalings van skuld wat meebring dat die munisipaliteit R97 miljoen aan Eskom en R100 miljoen aan die Vaalharts Water-nutsmaatskappy skuld.Inkomste-invordering bly onvolhoubaar laag en is tans onder 40%. Die DA sê die munisipaliteit het min gedoen om skuldinvordering te verbeter, behalwe om strafmaatreëls in te stel teen inwoners wat in die dorp bly. Die party sê die grootste impak van die finansiële situasie is op dienslewering weens laat betaling op die brandstofrekening kon diensleweringsvoertuie nie werk nie. Diensleweringsvoertuie word ook nie in stand gehou nie en lisensieskywe word nie betyds hernu nie. Die DA sê verder, die skuldverligtingsprogram wat deur die provinsiale tesourie op die munisipaliteit afgedwing is, sal waarskynlik vrugteloos wees omdat Magareng nie in 'n posisie is om aan al die streng vereistes te voldoen nie. Die DA het die stadsbestuurder versoek om dringend 'n hupstoot aan inkomste-invordering te gee, betalingsooreenkomste met sy krediteure en debiteure te heronderhandel en om sy skuldinvorderingsplan met die provinsiale tesourie te hersien om te verseker dat die munisipaliteit daaraan kan voldoen. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media