Twinkl Suid-Afrika, ’n vooraanstaande verskaffer van onderwys hulpbronne en -materiale wat toegewy is aan die verbetering van die leerervarings van onderwysers, ouers en leerders het ook nou hul teenwoordigheid in die Noord Kaap aangekondig. Twinkl SA bied ’n omvattende verskeidenheid van kurrikulum-belynde materiale, interaktiewe lesplanne en werksvelle, met die doel om die onderwysgemeenskap te bemagtig met die gereedskap wat nodig is om te floreer. Volgens Twinkle SA is hul gebruikersvriendelike platform ontwerp om aan die unieke behoeftes van onderwysers en ouers te voldoen deur maklike toegang tot hoë-kwaliteit hulpbronne, wat die leerproses verbeter, te verskaf. Twinkle SA sê hulle bied twee weke gratis toegang tot hul platform, met die doel om onderwysers en ouers te help met voorbereiding vir die komende jaareind eksamens en nog vele meer wat ten doel is om hul toewyding aan die ondersteuning van onderwysers en ouers in die Noord-Kaap te demonstreer.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com