Die polisie se hulle het ’n doodsondersoek geopen na die ontdeking van 'n voetganger se lyk vandeesweek langs die treinspoor naby Cassandra in Kimberley. Daar word vermoed dat die ongeïdentifiseerde man dood is, nadat hy op 11 September omstreeks 22:00 deur 'n bewegende trein getref is. Polisiesersant Timothy Sam het sê die oorledene was 'n onbekende man wat na raming tussen die ouderdomme van 50 en 60 jaar oud was.Sam sê, die polisie ondersoek die omstandighede wat tot hierdie ongelukkige voorval gelei het, hy sê die identiteit van die oorledene is in hierdie stadium onbekend en die polisie versoek die publiek wat moontlik 'n manlike familielid vermis om die polisie te kontak. Hy het bygevoeg dat alle inligting wat ontvang word, vertroulik hanteer sal word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za