‘n
Tekort aan diens sentrums vir bejaardes en die befondsing daarvan het onder skoot gekom gedurende
die publieke verhoor vir ouer persone wat vandag plaasgevind het in Rosedale by
die Piet Thole gemeenskap saal . Van die kwessies wat gelug was deur bejaardes
sluit ook in die onbekendheid met maaskaplike werkers, die poskantoor in Paballelo
wie se deure gesluit is waar bejaardes voorheen met gemak hul pensioen toelae
kon bekom en ook die lang rye by klinieke wat ook die tekort aan medikasie na ‘n
lang gewag meebring. Die publieke verhore is ten doel om die wetgewing op ouer
persone aan te pas en te verseker dat hierdie insae in die wetgewing
weerspieël. Die volgendie publieke verhoor word in die John Taolo munisipale
area van stapel gestuur.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com