Uitvoerende burgermeester van die Sol Plaatjie Municipaliteti Kagisho Sonyoni sê, die huidige wateronderbrekings wat Kimberley-inwoners ervaar, is 'n tydelike ongemak om 'n waterafsluiting later in die jaar te vermy. Sonyoni het gesê dat behalwe dat die Newton-reservoir nie op volle kapasiteit is nie, is daar geen waterkrisis in die stad nie. Hy sê die sê die munisipaliteit kan steeds water aan inwoners verskaf. Sonyoni erken egter dat die munisipaliteit 'n uitdaging het met die vlakke by die Newton Reservoir. Sonyoni het gerugte dat die stad in die komende maande met nog 'n watersluiting getref sal word, verwerp. Hy het inwoners belowe dat hulle tans besig is met die uitdagings wat die munisipaliteit in die gesig staar om 'n watersluiting in die komende maande te vermy aangesien hulle nie nog 'n watersluiting in Desember vanjaar wil hê nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za