Die Suid Afrikanse Polisie Diens sê inwoners in Warrenton vermoed ’n misdaadsindikaat is aan die werk nadat die klein dorpie Warrenton vroeër vandeesweek tydens ’n kabeldiefstalpoging by ’n Eskom-substasie in duisternis gedompel is. Die polisie sê ’n groep gewapende mans het na bewering Dinsdag ’n Eskom-substasie in Warrenton binnegegaan en twee veiligheidswagte erg aangerand, voordat hulle later van die toneel gevlug het nadat hulle gesteur is. Polisie woortvoerder Luitenant Kolonel Segio Kock sê die Warrenton SAPD ondersoek sake van aanranding met die doel om erinstig te beseer, en beskadiging/peuter met noodsaaklike infrastruktuur in verband met die voorval. Kock, sê die verdagtes het 'n groot hoeveelheid koperkabels geknip, glo met die doel om die koperkabel te steel. Kock sê die mans was egter ontsteld en het van die toneel gevlug.“ Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za