Die ministrie van binnelandse sake in die Noordkaap doen 'n
beroep op alle gemeenskaplede in hulle verskeie areas wie aansoek vir nuwe ID
kaarte gedoen het om hulle naaste binnelandse sake katoor te besoek om hulle
kaartjies af te haal of om navraag te doen om uit te vind of die kaartjie
waarvoor hulle dalk aansoek gedoen het al areveer het. Binnelandse sake deel op
hulle amptelike sosiale media blad dat hulle hierdie versoek doen as gevolg van
die hoe massas nuwe ID Kaarte wat gemeenskapslede aansoek voor gedoen het
maar nooit kom afhaal het nie. Binnelandse sake dra ook by dat die aansoek proses
vir nuwe ID kaarte nie langer as 14 dae neem nie dus moet gemeenskaplede ten
minste na 14 dae vanaf hulle kantore besoek en navraag doen oor hul ID
kaartjies.
Journalist: Mbali Masiza
Email: mbalimasiza198@gmail.com