Noord Kaap onderwys se hulle is gereed vir NAsionale eksamen

Altesaam 13 097 voltydse en 2 576 deeltydse kandidate sal die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen by 139 openbare skole, 3 onafhanklike sentrums en 4 distrik gevestigde sentrums regoor die Noord-Kaap provinsie skryf. Die Klas van 2023 vorm deel van die groep leerders wat ernstige leerverliese gely het weens die Covid-19-pandemie. Hierdie leerders was in graad 9 toe die pandemie die eerste keer getref het en was ook die laaste groep leerders wat teruggekeer het skool toe, toe skoolonderrig genormaliseer het. Volgens die department van onderwys is die klas van 2023 een van die groepe leerders wie die meeste geraak is  en daarom 'n reusetaak het om die 2022-matriekslaagpersentasie van 74,2% verder te verbeter en die 2022 nasionale gemiddelde van 80,1% te oortref. LUR verantwoordelik vir die departement van onderwys in die provinsie Zolile Monakali brei uit …. Insetsel: NSC

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media