Die
Noord Kaapse wetgewer is onderweg met publieke verhore regoor die Noord Kaap
wat op 29 September 20203 in Kimberley afgeskop het. Die publieke
verhore word vandag voorgesit in De Aar wat verband
hou met die Wetsontwerp
op die Nasionale Gesondheidsversekering wat omstreeks 11 uur
vanoggend begin. Die doelwit
van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, is om universele
toegang tot kwaliteit gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners te verskaf soos
verskans in die grondwet. Die NGV-wetsontwerp poog om dit te bereik deur te
verseker dat niemand van die bogenoemde regte ontneem word weens hul
sosio-ekonomiese status nie. Deur die NGV-wetsontwerp word een openbare
gesondheidsfonds geskep met voldoende hulpbronne om vir die behoeftes van die
hele bevolking te beplan en effektief te voorsien. Die publiek word uitgenooi
om die verhoor bytewoon.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com