druk op sol plaatje oor waternetwerk

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hulle oefen druk uit op Sol Plaatje-munisipaliteit om die voortdurende waterontwrigting en lae waterdruk wat in sommige gebiede van Kimberley ervaar word, aan te spreek. Die party sê, hulle sal gebruik maak van die opkomende komitee vir nutsdienste, wat vir Woensdag geskeduleer is, om die munisipaliteit se skending van die basiese reg op water uit te lig, insluitend die impak van die watertekorte op huishoudings, besighede, ouetehuise en skole. Die DA sê, in hierdie verband toon die party deurlopende oorsig dat die reservoir op 'n aanvaarbare maar nie gewenste vlak is nie. Nagtelike afsluitings sal dus voortgaan om te verseker dat alle opvanggebied reservoirs by die Newton Reservoir op volle kapasiteit is om enige noodwaterontwrigting te versag. Die DA eis ook dat die municipale bestuurder en sy span openbaar watter planne in plek is om 'n betroubare, volhoubare voorsiening van skoon water aan die inwoners van Sol Plaatje te herstel, om enige noodgeval of beplande watersluiting vir die res van 2023 te voorkom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media