Die nasionale padagentskap Sanral sê die regering moet hom tot die private sektor wend om te help om paaie in die land in stand te hou, aangesien daar tans nie genoeg geld is om die werk gedoen te kry nie. Om op die private sektor te steun, sal ook voordelig wees aangesien geld en hoe dit bestee word beter nagespoor kan word, wat die regering se wanbestuur en swak finansiële beheer aan bande lê. Die groep bied ondersteuning aan onder meer die Dawid Kruiper Munisipaliteit asook die van Kheis en Kai Garib om van hulle sleutel paaie instand te hou.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za