Tonne
skenkings het hul weg gevind na die Lohatla SA
Weermagopleidingsentrum wat deur ‘n verwoestende veldbrand geraak is. Volgens
die hoofbestuurder van Suid -Afrikaanse Weermagstigting, Angel Ramphela, het byna tien vragmotors
skenkings begin vervoer na die opleiding sentrum in Lohatla. Die SA
Weermagstigting het komberse, matrasse, draagbare en tente geskenk. Sowat 1 300
personeellede het skuiling en persoonlike besittings verloor in die nasleep van
die brand wat die lewens van ses soldate geëis het en drie ander is ernstig in
die voorval beseer. Dit is berig dat die brand Vrydag, 06 Oktober 2023 voor
middag naby die Khumani- en Beeshoek-myne in Kathu begin het. Sterk winde en 'n
hittegolf het die brand vererger en dit met 'n spoed van tot 70 kilometer per
uur na die basis gedra. Die troepe is in die gebied ontplooi as deel van die
Vuk'Uhlome-oefening. Ramphela, het gesê lede van die Weermag sal altyd 'n
prioriteit vir hulle bly, en het ook sy dank betuig aan die SA Weermagstigting Barros vir hulle vinnig optrede
met die voorsiening van noodsaaklikede.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com