Die onafhanklike polisie direktoraat het bevestig dat hulle bewus is van 'n klag van beweerde aanranding teen lede van die Kimberleyse taktiese reaksie spanm na bewerings van aanranding. Die 65 jarige Stefan Rautenbach van Kimberley beweer dat minstens 18 lede van die eenheid die huis van sy werkgewer bestorm en hom met sy werkgewer misgis en ondanks aanduiding dat hy nie sy werkgewer is nie, hom in aanskoue van twee van sy werkgewer se kinders aangerand het. Robbie Raburabu van OPD sê hulle hanteer nie siviele litigasie oor sake teen polisie lede nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za