Die Richtersveld Municipaliteit is tans besig om die area na die Alfred Warne begrafplaas van onwettige rommelstrooi skoon te maak. Die municipaliteit sê, hierdie aksies is al verskeie kere deur die munisipaliteit uitgevoer. Die municipaliteit sê, inwoners het hulle geensins aan die pogings wat die munisipaliteit aanwend om ons dorp rommel vry te hou en herhaal telkens die proses om onwettig rommel te stort. Die municipaliteit sê, almal in die dorp is bewus dat die area waar die storting gereeld voortkom op die pad na ons begrafplaas toe lei. Vir die afgelope paar maande is daardie area 'n seer oog en 'n skande dat mense van buite ons dorp aan die vuilheid en onwettige rommelstrooi blootgestel moet word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za