Alexkor ondervind tans probleme met een van hul boorgat pompe in Alexanderbaai. Hierdie situasie veroorsaak dat daar geen invloei van water in die Muisvlak dam is nie. Die municipaliteit sê, die aankoop van 'n nuwe pomp om die foutiewe pomp te vervang is gedoen. Die pomp behoort vandag afgelewer te word.
Die bystand span van Alexkor sal sodra die nuwe pomp afgelewer is dit installeer sodat water voor die einde van die dag weer gepomp kan word.
Watervoorsiening geskied as noodmaatreel vanaf die 8myl dam, sekere areas in die dorp mag dalk water drukking verliese ervaar.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za