Met duisende hektaar weiding wat reeds verwoes en grootskaalse infratuktuur skade regoor die Noordkaap is die fokus tans op die Gamagara waar ondersoek nou gelas word na die moontlikheid van brandstigting. Die minister van Verdediging, Thandi Modise wie die Lohatla militere basis gister besoek het, het bevestig dat ondersoek gelas word na die dood van ses soldate by die weermag se Lohatla-basis. Drie soldate het brandwonde opgedoen in die verwoestende brand by die leërgevegskool verlede Vrydag. Modise sê stappe sal gedoen word indien die ondersoek enige vorm van nalatigheid oplewer. Die minister stem saam met boere dat enige vorm van brandstigting veral na 'n tweede brand uitgebreek het met die uiterste optrede hanteer gaan word. Intussen bly die Suid Afrikaanse Nasionale Weerdiens by hulle versoek dat mense in die Noordkaap, Noordwes, Vrystaat en in die weste nie moet oop vure maak nie veral met winderige toestande wat tot wegholveldbrande kan lei.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za