tussen verkiesings opdatering

Die Sol Plaatjie munisipaliteit in Kimberley sal deur ‘n koalisie beheer word nadat die PA gister in ‘n tussenverkiesing, wyk een van die ANC afgerokkel het. ‘n ANC raadslid het na die PA oorgeloop wat die tussenverkiesing tot gevolg gehad het. In twee ander tussenverkiesings in die Noord-Kaap het die ANC Wyk 6 in die Siyancuma munisipaliteit in Douglas behou en Wyk 3 in die Kai Garib munisipaliteit in Kakamas. Intussen het die EFF in Mpumalanga die tussenverkiesing in wyk 13 in Breyten, noord van Ermelo in die Msukalingwa munisipaliteit gewen. Die EFF se kandidaat het 60 persent van die stemme op hom vereniging, terwyl die ANC 39 persent van die stemme gekry het. Die ACDP het die orige een persent van die stemme gekry. Die pos het vakant geword toe die ANC raadslid oorlede is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media