Die Parlement van Suid-Afrika sal
op 20 Oktober 2023 by die Piet Thole Gemeenskap saal in Rosedale ‘n publieke
verhoor van stapel stuur waartydens die publiek hul bydraes kan lewer oor die Wysigingswetsontwerp
op Ouer Persone. Die Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling nooi dus alle
belangstellende en benadeelde partye uit om deel te neem aan die verwerking van
die Wysigingswetsontwerp op Ouer Persone. Die komitee sal alle bydraes deur die
publiek oor die wysigings van die hoofwet vir die Nasionale Vergadering (NV)
oorweeg om die wetsontwerp aan te neem. Die wetsontwerp sal dan na die
Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) verwys word vir verdere beraadslaging en
instemming. Daarna sal die wetsontwerp aan die President gestuur word vir
instemming en ondertekening tot wet. Die
Wet op Ouer Persone, Wet No 13 van 2006, het ’n aantal probleme
ondervind wat met die inwerkingstelling daarvan veband hou wat ondermeer
insluit: ’n tekort aan tuisgebaseerde sorgdienste om ouer persone by hul
gesinne en in gemeenskappe te hou, probleme met die Suid-Afrikaanse Agentskap
vir Maatskaplike Sekerheid (SAAMS) se betaalpunte, met inbegrip van lang toue,
gebrek aan basiese geriewe soos toilette, skuiling, water en sitplek en ’n gebrek
aan opvoeding oor die regte van ouer persone.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com