Die Saul Plaatjie municipaliteit sê lae watervlakke by die Newton Reservoir in Kimberley, sal die munisipaliteit daaglikse wateronderbrekings vanaf 11:00 in die oggend tot 15:00 in die middag implementeer, gevolg deur 'n nagtelike wateronderbreking vanaf 21:00 tot 04:00 die volgende dag.
Thoko Riet, munisipale woordvoerder, sê die bykomende wateronderbrekings het op Dinsdag, 10 Oktober in werking. Die municipaliteit sê, watervlakke by Newton Reservoir is steeds laag en sommige gebiede in Kimberley ervaar laag tot geen water. Riet het bygevoeg dat skole, klinieke en hospitale van water voorsien sal word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za